Hoewel die Noordelike Buurtwag pas gestig is, het hy reeds begin om ‘n verskil in die gemeenskap te maak. Die buurtwag, wat deur Maryna Jacobs en Florien de Winnaar in samewerking met Senforce gestig is, het al klaar klere, kos en komberse vir die slagoffers van die Knysna brande ingesamel.
Volvo borg die voertuig om die skenkings na Knysna te vervoer. Die buurtwag is ‘n organisasie uit die gemeenskap vir die gemeenskap, het De Winnaar aan Bloemfontein Courant vertel. Hulle sien hoofsaaklik om na die veiligheid van die gemeenskap. Hulle bied ‘n 24 uur-diens vir die noodreaksie en ry ook patrollie .